Swartwoud Poeding

2021-05-06T12:09:46+02:00Donderdag, 6 Mei 2021|Lekkerbek|Tags: |

Sondag is Moedersdag. In ’n kalender wat gepak is met spesiale ‘dae’ wat alles vanaf Die Pannekoek tot Die Siviele Regte van Koedoes herdenk, is hierdie een van die min waarmee ek saamstem. Ma’s is spesiaal. Myne is al vir tien hartseer jare nie meer aan my tafel nie. Maar as sy was, sou ek vir haar Sondag hierdie [...]

Bloubessie-en-port skonpoeding

2020-09-30T14:34:19+02:00Dinsdag, 11 Augustus 2020|Lekkerbek|

Lente wink! Hier en daar is ’n bloeisel wat kop uitsteek; die kat dring nie meer aan op lepel lê die hele nag lank nie; en die voëltjies koer my al vroeër wakker. Maar twee koue fronte kort na mekaar in die Kaap die laaste paar dae wys winter is nog nie klaar met ons nie. Winterkos soek ek steeds – [...]

Franse roosterbrood met Nutella

2020-09-30T14:35:12+02:00Vrydag, 24 Julie 2020|Lekkerbek, Ontbyt|Tags: , |

Franse roosterbrood was ’n kindertyd gunsteling vir ontbyt, waarskynlik omdat dit omtrent die enigste ding was wat ek as 5-jarige kon kook. Dit was so basies as kan kom, net eier geklits met bietjie melk en gewone sagte wit goewerment brood. All Gold se tamatiesous daarby was natuurlik ’n móét. All Gold is steeds die enigste tamatiesous waaraan ek mond [...]

Suurlemoen ‘posset’

2020-10-02T11:16:43+02:00Woensdag, 8 Julie 2020|Lekkerbek|Tags: |

’n ‘Posset’ is nie ’n Afrikaanse ding nie. Dis ’n Engelse ding, en nie ’n Suid-Afrikaanse Engelse ding nie verstaan. Nee, hierdie is ’n Ingelse-Ingelse ding. My woordeboek vertaal ‘posset’ as ‘gekruide melk’. Afrikaanse woorde het ’n raakvat manier aan hulle, maar hierdie beskrywing is vir my die pad erg duister. Want daar is nie ’n krui in sig nie, [...]

Botterkaramelsous met bruin suiker en Ideal-melk

2020-09-30T15:26:23+02:00Maandag, 27 April 2020|Basiese resepte, Lekkerbek|

Ek’t ’n paar dae terug my resep vir ’n karamelsous gedeel. Nou’s dit tyd vir sy boetie – ’n botterkaramelsous. Beide ’n karamelsous en botterkaramelsous gebruik suiker, botter en room. Maar waar jy ’n karamelsous begin deur die suiker te smelt om ’n karamel te vorm, is botterkaramel die lui boetie – jy gooi die lot op een slag in [...]

Karamelsous – gemaak op die regte manier

2020-09-30T08:18:37+02:00Vrydag, 24 April 2020|Lekkerbek, Ongekategoriseer|

Enige halfpad entoesiastiese kok wéét, die verskil tussen goed kook en fantasties kook is sous. Tot dusver het ek souse bietjie afgeskeep in my M&M kombuis. Dis hoogtyd om iets daaraan te doen. Heel eerste aan die beurt? ’n Properse karamelsous, want hier aan die einde van week vier van die groot Covid-opsluit dink ek ons verdien almal ’n leksel [...]

Go to Top