Beesskenkel-en-niertjie pastei (steak & kidney)

2022-08-18T11:58:45+02:00Sondag, 28 Junie 2015| Aandete|Tags: , |

As dit by trooskos kom, is daar min dinge wat beter troos as pastei. My vriende is altyd beïndruk wanneer ek se ek máák pastei. Want sien, hulle dink dis moeilik. Hulle dink dis moeite. En koop dus maar eerder winkelpastei – flou poginkies met jellierige sous en nie juis vleis om van te praat nie. Nee wat, dis nie [...]

Osstert tamatie bredie met gnocchi

2022-08-18T11:58:38+02:00Vrydag, 19 Junie 2015| Aandete|Tags: , , , |

Toe ZZ2 onlangs ’n pakkie geheime 'goodies' kom aflewer met die uitdaging om ’n unieke resep met ten minste twee van hulle produkte te maak, was ek dadelik bok, veral toe ek die tamaties sien. Min dinge is meer veelsydig as ’n tamatie. Gebruik dit as basis vir fênsie bone op brosbrood. Maak ’n blitsvinnige sop soos my rokerige tamatie [...]

Geroosterde-knoffel-en-vars-tamatie pasta

2022-08-19T22:34:40+02:00Donderdag, 18 Junie 2015| Aandete|Tags: , , |

Ek hou nogal van ’n uitdaging, amper soveel as wat ek hou van ’n verrassing. Gooi die twee bymekaar en jy’t my aandag. Toe die mense van ZZ2 my dus kontak en vra of ek deel sal wees van hulle Mouthwatering Box veldtog, sê ek vanselfsprekend dadelik ja. Wie is ZZ2? Jy’t hulle produkte waarskynlik al in jou plaaslike supermark [...]

Kruie-sampioene op parmesaan-polenta

2022-08-19T17:35:21+02:00Maandag, 11 Mei 2015| Aandete|Tags: , |

My ma was ’n tegemoedkomende kok. Sy’t ons altyd drié keuses vir ontbyt gegee. Krummelpap, stywepap of slappap. Solank daar genoeg melk en suiker was, was ons min gepla. Behalwe een jaar, en ek praat nou van donkiejare terug. Want sien, daar het ’n groot droogte oor land gekom. Of ons’t vergeet om te plant. Of groot mieliemolle het alles [...]

Heuning-mosterd hoender

2022-08-18T12:00:06+02:00Donderdag, 23 April 2015| Aandete|Tags: |

Heuning-mosterd hoender. In sy eenvoudigste vorm is dit net mosterd en heuning met ’n titsel olie en ’n stewige knip sout. Gooi dit oor die hoender, gooi dit in die oond en loop doen ander, belangriker dinge. Soos miskien jou naels. Ek wou dié dis bietjie optof, dus draai ek elke hoenderborsie toe in spek. En ek gooi roosmaryn, heelwat [...]

Lam sosaties met vrugtige koeskoes en granaat-raita

2022-08-18T12:00:15+02:00Vrydag, 10 April 2015| Aandete|Tags: |

Granate is omtrent die ‘inste’ vrug waaraan ek kan dink. Maak ’n kostydskrif oop, loer na kosverpakking of na plakkate in koswinkels en jy gaan hulle verseker sien – op enigiets vanaf sjokoladekoek tot rou wors. En soos dit nou maar is met dinge wat gewild is, wys dit in die prys. Heigend. My verhouding met granate gaan ver terug. [...]

Go to Top