Geroosterde bees onder ‘n sesam kombers

2022-08-18T12:20:25+02:00Vrydag, 29 Januarie 2016| Aandete|Tags: , |

Ek’s met egskeiding gedreig hier aan die einde van laas jaar, nie net een keer nie maar sommer 25 keer. Want sien ek het meer mans lesers as wat ek besef het. En met die dat ek hier oor die feesseisoen vreeslik met die soetgoed resepte doenig was het hulle nie gedink ek’s snaaks nie. Ek erken ek’t lanklaas ’n [...]

Okkerneut-pizza met gerookte bees en brie

2022-08-18T12:18:10+02:00Donderdag, 22 Oktober 2015| Aandete, Bak|Tags: , |

’n Bekommerde leser kontak my so paar dae terug en vra hoekom sy nie laasweek van my gehoor het nie. Die antwoord is eenvoudig: ek sittie lipstif op ’n vark nie. Sien soos enige ander kok het ek my af dae in die kombuis. Selfs beproefde resepte wat ek al jare maak kan flop, soveel te meer as ek met [...]

Beesflank op die braai

2022-08-19T22:10:04+02:00Dinsdag, 22 September 2015| Aandete|Tags: , , , |

Erfenisdag wink en die ganse land het kole en vleis op die brein. Afgesien van boerewors, is bees nie my gunsteling dier om te braai nie. Dis nie dat ek ’n ding teen bees het nie, maar ek dink daar is ander kookmetodes wat beter resultate gee as braai. Prys het ook heelwat daarmee te doen. Teen R140+ vir ‘rump’, [...]

Hoender, prei en sampioen burger

2022-08-19T19:21:15+02:00Dinsdag, 1 September 2015| Aandete|Tags: , , |

Afrikaans is ’n wonderskone taal, maar daar’s ’n paar woorde wat my nie aanstaan nie. ‘Prei’ is een van hulle. Klink soos ’n mediese kondisie – soos in “my preie jeuk van laasweek al af vreeslik dokter, seker maar die drinkery”. Sien wat ek bedoel? Horribale woord. Gelukkig proe hulle beter as wat hulle klink. Preie (‘leeks’) behoort aan dieselfde [...]

Bobotie bakkies

2022-08-23T09:53:24+02:00Dinsdag, 28 Julie 2015| Aandete|Tags: , , , |

Keelvol. Dis so lieflike woord, en in meeste situasies van moedeloosheid heel gepas. Maar laasweek was ek genoop om sy oortreffende trap boetie – g*tvol – te gebruik. Want sien, daar was ‘load shedding’. Dis nie soveel van ’n probleem nie, ek weet mos dit kom en slim ekke het belê in ’n gasstoof. Maar toe die gas in die [...]

Go to Top