Bosvark-en-porcini lasagne

2022-08-18T12:08:31+02:00Vrydag, 17 Augustus 2018| Aandete|Tags: , , , |

In die skadu van die Groot Drakenstein berge lê een van die juwele van die Franschhoek vallei – Anthonij Rupert Wyne. Hulle wyn is een van my gunstelinge, veral hulle baie billik-op-die-beursie Protea and Terra Del Capo reekse. Ek hou veral daarvan dat hulle nie net die verwagte kultivars inspan nie, maar ook bietjie speel met die effe meer [...]

Heel geroosterde skaapnek

2022-08-18T12:08:57+02:00Vrydag, 29 Junie 2018| Aandete|Tags: , |

Raakvatters. Dís wat ouma se generasie vrouens was. Daar’s tonne goed wat ouma toe-oog kon doen wat vandag grootliks vergete is. Vir sommige het ek nie juis in 2018 nut nie. Soos om beesvet in seep te verander. Mens, die héle kombuis ruik. Ek koop eerder daai oranje Pears-sepie. Of soos om doilies en jassies vir houthangers te hekel. Tierlantyntjies [...]

Visvinger tacos met tartar-sous

2022-08-18T12:09:14+02:00Donderdag, 26 April 2018| Aandete, Knagerig|

Hierdie is nie soseer ’n resep nie. Dink eerder daaraan as ’n aankondiging in openbare belang. Want mens, nóú gaan ek vir jou ’n ding vertel. Kyk visvingers is nie ’n item wat ooit in my kosmandjie beland nie. Soos in nooit, ooit. Want Merlot is ’n kieskeurige dier en sy’t nie veel vat aan hulle nie. So paar weke [...]

Spaanse mossels met chorizo, sjerrie en saffraan

2022-08-18T11:44:33+02:00Dinsdag, 23 Januarie 2018| Aandete, Knagerig|Tags: , |

Dis hoogsomer en een van my grootste vreugdes (afgesien van kort rokke en oop tone natuurlik) is buite eet – in die sagte skadu van die groot boom neffens my kombuisdeur. Vars mossels is altyd ’n goeie idee, nog meer so gekombineer met plompe ryprooi tamaties op hulle hoogsomer sappigste beste. Maar dis die kombinasie van essensieël Spaanse bestanddele – [...]

Bief-stroganoff frikadelle met pasta

2022-08-18T11:44:58+02:00Dinsdag, 21 November 2017| Aandete|Tags: , |

Bief-stroganoff frikadelle vir rys of pasta... Ja ek weet dit klink bitter eienaardig, maar gee kans. Want sien, dié is die tipe dis wat ouma sou gemaak het. Dis nou die semi-Italiaanse ‘dorp’ ouma wat met ’n boer loop trou en op ’n Hoëveldse plaas opgeland het. Sy’t niks gemors nie – dit was seker die depressie gevolg deur ’n [...]

Go to Top