Mossels in witwyn met suring en dille

2022-08-18T11:45:15+02:00Vrydag, 27 Oktober 2017| Aandete|

Ek dreig hoeka al om moules mariniere – fênsie Frans vir mossels in witwyn – te maak. Toe ’n bottel Protea Sauvignon Blanc ’n week of wat terug aan my deur kom klop (met komplimente van die gawe mense van Anthonij Rupert Wyne in Franschhoek), was daar nie meer verskonings nie, mossels in witwyn moes dit wees. ’n Properse Franse [...]

Osstert-ragu met saffraan-linguine

2022-08-18T11:45:58+02:00Dinsdag, 22 Augustus 2017| Aandete|Tags: , , |

Osstert is vir my pure fees, min dinge klou so goed aan die ribbe op ’n koue wintersaand. As kind op die plaas was dit gereeld op die tafel. Ons het koeie gehad so osstert was daar baie, maar ek het steeds gewens elke dier het agt gehad. Deesdae moet ek ongelukkig soos meeste ander maak en die pad winkel [...]

5-spesery varkribbetjie vir die braai

2022-08-18T12:24:30+02:00Dinsdag, 4 April 2017| Aandete|Tags: , |

Daar’s net een ding wat varkribbetjie (spare ribs) op die braai ore aansit – en dis lamsribbetjie op die braai. Maar mens, jy kan nou nie aldag en heeldag lam sit en eet nie. Jou dokter sal gevaarlik frons. My ideale braai varkribbetjie is sappig en val-van-die-been af sag, maar terselfdertyd rokerig en parmantig geskroei buite. Loop sit jy rou [...]

Varkskenkel-ragu met witwyn en vinkel

2022-08-18T12:24:05+02:00Vrydag, 10 Februarie 2017| Aandete|Tags: , |

Ek’s gewoond dat my hart vinniger klop in supermarkte. In die verlede was dit oor ek kinderlik opgewonde raak in die teenwoordigheid van mooi bestanddele. Deesdae is dit ongelukkig daai mooi dinge se pryse wat my palpitasies gee. My kop draai skoon soos my rande by die week minder rek. Eet moet mens, so goedkoper resepte wat meer mense voer [...]

Bordelaise – die beste Franse rooiwyn-sous vir biefstuk

2022-08-18T12:23:48+02:00Maandag, 30 Januarie 2017| Aandete, Basiese resepte|Tags: , , |

As jy net effe ernstig is oor lekker eet, is Bordelaise-sous ’n móét in jou resepboekie. Hierdie klassieke rooiwyn-sous is ’n 10-uit-10 wenner met biefstuk. Soos dit blyk uit die naam, is Bordelaise-sous afkomstig van die Bordeaux-streek in Frankryk. En soos meestal die geval met klassieke disse wat ’n ver pad kom, is daar menige resep vir Bordelaise. Sommiges het [...]

Amerikaanse braaihoender (Southern Fried Chicken)

2022-08-18T12:23:40+02:00Dinsdag, 17 Januarie 2017| Aandete|Tags: |

Skandes, smeerstories, gekrenkte egos, dreigemente, … Dis realiteitstelevisie op sy beste. Jip, Amerika se toekomstige president, Die Don, is vet pret. My fasinasie met wat daar oorkant die water aan die gang is grens aan die morbiede. En laat ek nou maar eerlik wees, daar’s ’n gesonde skoot ‘schadenfreude’ ook. Ek weet dit sê min van my. ‘Amerikaans’ is nie [...]

Go to Top