Outydse frikkadelle, nes ouma s’n

2022-08-19T22:07:49+02:00Dinsdag, 31 Mei 2016| Aandete|Tags: , , |

Frikkadel, die woord kom kwansuis van die Franse ‘fricadelle’. Al wat ek weet is dis Boerekos by uitstek. Die kos van my kindwees. Laat ons mekaar mooi verstaan, ’n frikkadel is nie net ’n bol maalvleis met enigiets bygevoeg en op enige manier gekook nie. Nee, vir dit om frikkadel te wees in my boek, móét hy wees soos ouma [...]

Hamburger met jalapeno en guacamole

2022-08-18T11:56:42+02:00Donderdag, 21 April 2016| Aandete|Tags: , , |

Kook jy hom reg is ’n hamburger ’n wonderbare ding. Dis goedkoop, maklik en vinnig. Beste van als? Dis gesond. Nou voor julle almal frons en strenge kitskos vingers in my rigting wys, laat ek vinnig byvoeg ’n hamburger is gesond MITS jy hom self maak en weet wat’s in hom. Gebruik goeie gehalte laevet bees-maalvleis en jy het nie [...]

Oondgeroosterde tamatie en spinasie tert

2022-08-18T11:57:09+02:00Maandag, 11 April 2016| Aandete|Tags: , |

‘Gesond’ is die woord van die dag in die Melkkos & Merlot kombuis die laaste paar weke. As jy al ’n ruk lank saam met my en Merlot in die kombuis kuier wéét jy, ons skrik nie vir botter en room nie. Maar soustannie en cholesterol sit in die Boeregene, so vir elke dag se kook is ek nogal versigtig. [...]

Beesskenkel chilli con carne

2022-08-18T11:57:35+02:00Woensdag, 16 Maart 2016| Aandete|Tags: , , |

Chilli con carne – as jy Wikipedia kan glo (en dis ’n groot AS), kan jy die oorsprong van hierdie dis loop uitgrawe al die pad terug in die Texas van 1850. So gewild is chilli con carne in dié suidelike staat dat hulle wetgewer blykbaar in 1977 dit Texas se amptelike dis verklaar het. Ek kan my nie indink [...]

Kitskos wonder: murgpampoentjie spaghetti

2022-08-18T11:57:46+02:00Dinsdag, 8 Maart 2016| Aandete|Tags: , |

Murgpampoentjie ‘spaghetti’… dis die koswêreld se bottelblondine met D-cup implants – eenvoudig nie die ware Jakob nie. Maar mense, doen jy dit reg, kan fake fabulous wees. Loer maar net na Hollywood. Hier by M&M verkies ons properse pasta, gemaak met meel en eier, soos my semi Italiaanse ouma dit gedoen het. Maar ek verstaan ons is nie almal so [...]

Dolle dag vis gebak

2022-08-18T12:21:10+02:00Vrydag, 26 Februarie 2016| Aandete|Tags: |

Doller as kopaf – ons het almal daai dae. Partykeer is dit nie net ’n dag nie, maar sommer ’n hele week. Dís hoe dinge laasweek by Melkkos & Merlot was. Met nege outjies bewapen met hammers en ‘angle grinders’ op die dak kon dit nie eintlik anders nie. Dak vervang is nie vir sissies nie. Merlot’s ’n slim kat. [...]

Go to Top