Outydse lewerkoekies

2022-08-18T12:23:22+02:00Woensdag, 14 Desember 2016| Aandete|Tags: , |

Daar’s onvermydelik dinge uit mens se kindertyd wat ’n paar littekens laat. Hoog op my kindertyd-trauma lys was lewerkoekies. Ma het dit ten minste elke tweede week gemaak. Oor Pa daarvan gehou het. En oor dit goedkoop was. Op lewerkoekie-dae het ek reeds by die voorhek geweet wat my voorland was. Die enigste ding erger was viskoekie-dae. Die een gemaak [...]

Polpette in parmesaan-roomsous

2022-08-18T12:10:17+02:00Donderdag, 3 November 2016| Aandete|Tags: , , |

Polpette. Dis wat die Italianers klein frikkadelle noem. Vir my is ’n frikkadel by uitstek Boerekos en het baie spesifieke speserye nodig. So ek noem hierdie gewis polpette, en nié frikkadel nie. Daar’s soveel polpette resepte as dae in die jaar. Sommige Italiaanse mammas sit kruie en knoffel by, sommige rissie. Ander hou dit eenvoudig met net neutmuskaat en swartpeper. [...]

Roosmaryn-lamtjops met salsa verde

2022-08-18T12:10:26+02:00Dinsdag, 18 Oktober 2016| Aandete|Tags: , |

Salsa verde, of soos die Franse dit noem sauce vert, klink vreeslik fênsie. Dit is, op die regte manier – fênsie op die tong maar min moeite om te maak. Salsa verde beteken eintlik net groen sous. Dis ’n rou spul, niks gesukkel met potte en panne nie. Daar’s tonne resepte vir salsa verde en hulle almal het een ding [...]

Tequila plathoender op die braai

2022-08-18T12:21:23+02:00Donderdag, 8 September 2016| Aandete|Tags: , , |

“Hoender is ’n vegetable.” Dís hoe meeste mans wat ek ken voel. Sit ’n hoender voor en skielik is hulle steeks. Soos ’n driejarige wat hoesgoed moet drink. Ek dink dis ’n Afrikaanse ding. In Meksiko is die mans tawwer. Daar verorber hulle Pollo Asado op straathoeke by die tonvol. Nee, ek vloek nie. Dis wat hulle plathoender op die [...]

5 wenmaniere met gevlokte vark (pulled pork)

2022-08-18T11:54:34+02:00Donderdag, 11 Augustus 2016| Aandete|Tags: |

Soms sukkel resep skryf in Afrikaans. Hoe dan nou gemaak met ‘pulled pork’? Jy kannie sê ‘getrek’ soos in getrekte vark nie. Dan klink dit half die dier het te diep in die bottel gekyk. Gepluis? Gevlok? Nie een laat my mond water nie. So in my huis is hierdie manier van vark kook ‘pulled pork’ en die taalpuriste moet [...]

Ouma se groenboonbredie… met ‘n moderne kinkel

2022-08-18T11:55:16+02:00Donderdag, 14 Julie 2016| Aandete|Tags: , , , |

Groenboonbredie – dis hartskos, onthoukos, sielskos en perfek vir koue wintersaande. Nes ouma s’n, geur ek myne met neutmuskaat en daai moet-hê boerekos bestanddeel, kruienaeltjies. Maar die smaak is dieper en ryker as vele ander resepte want in plaas van olie gebruik ek varkvet om die vleis bruin te braai. Wat anders is anders? Ek hou my bone heel want [...]

Go to Top