‘n vrolike, fraai lenteslaai

2022-08-18T12:06:26+02:00Vrydag, 13 September 2013| Slaai|Tags: , |

Enigiemand met ‘n kat weet – dáársie so ding soos laat slaap nie. Nie eens naweke nie. Maak nie saak hoe laat ek die Vrydagaand gekuier het of hoe oes ek voel nie, Merlot het geen genade nie. Op ‘n Saterdagoggend begin sy my klokslag sesuur karnuffel. Uitgaan. Speel. Drukkies. Kos. Sy soek dit in daai orde en sy vattie [...]

geroosterde vinkel-en-varkburgers

2022-08-18T12:06:36+02:00Vrydag, 6 September 2013| Aandete|Tags: , , |

Patats wat sommer blink is van al die botter en stroop. Pampoenkoekies met suiker en kaneel. My Engelse geliefdes verstaan glad nie dié boere ding van soet saam met vleis nie. Ek vrek onbeskaamd daaroor en is gedurig op soek na nuwe soet-met-vleis kombinasies. Een van my gunstelinge op die oomblik is vinkel. Dis heerlike rou in slaaie, maar gerooster [...]

rooi-fluweel pastasous

2022-08-18T12:06:43+02:00Vrydag, 30 Augustus 2013| Aandete|Tags: , |

Daar’s min kos wat vir my seksier is as pasta. Moontlik omdat die prentjie van ’n jeugdige Sophia Loren, met ‘n bord spaghetti teen haar pragbates vasgeklem, my vir altyd sal bybly. Ek dink dit was in die Rooi Rose. Nogal wulps vir daai dae, seker dié dat dit so ’n indruk gemaak het. Pasta verdrink onder ’n ton sous [...]

kortrib en rooiwyn bredie

2022-08-18T12:06:52+02:00Vrydag, 23 Augustus 2013| Aandete|Tags: , , |

Kyk, ek is lief vir bees, sommer die hele dier. Maar daar is ’n paar dele wat my tone laat krul van die lekker. Beesstert is een. Die ander een is kortrib (shortrib). Hierdie is nie ’n by-die-huis-sesuur, eet-halfsewe nommer nie. Soos beesstert, het hy ’n paar ure in die oond nodig. Ek maak hom op lui Saterdagmiddae as die [...]

gebakte bokmelkkaas ‘fondue’

2022-08-18T12:07:00+02:00Maandag, 19 Augustus 2013| Knagerig|Tags: , |

Daar’s ‘n paar goed op hierdie aarde wat eenvoudig vir mekaar gemaak is – ek en Merlot, sjokolade en lemoen, tamaties en basiliekruid – en natuurlik bokmelkkaas en beet. Ek’s hoeka moeg vir die twee saam sien in slaai . Móég’s die ideale teelaarde vir een van my ‘wat as’ kombuisoomblikke. Wat as ek die kaas in ‘n neutekorsie [...]

rokerige spek en ertjiesop

2022-08-18T12:07:12+02:00Maandag, 19 Augustus 2013| Sop|Tags: , |

Merlot of ek? As dit kom by wie die Kaapse winter die meeste haat, is daar stewige kompetisie tussen die twee van ons. Maar aangesien sy buite in die reën haar ‘ding’ moet loop doen, is Merlot seker die wenner. (Nogal verbasend hoe vinnig ‘n kat kan wees as sy moet.) Sy soek haar troos in my arms. Ek [...]

Go to Top