Mosterd, die outydse ouma manier

2022-08-18T12:21:49+02:00Dinsdag, 11 Oktober 2016| Basiese resepte|Tags: , |

Ek’s ’n bok vir mosterd. Maak my yskas oop en jy sal ten minste vyf soorte sien. Goeie ou sterk Engelse mosterd, korrelmosterd (wonderlik vir slaaisouse), Dijon (wonderlik vir als) en gourmet nommertjies met eksotiese bestanddele soos truffels en Chablis. Gesofistikeerd verby. Maar ek het ook die ander soort in my koelkas, die een wat ek self maak, soos ouma [...]

Ontbyt beskuit

2022-08-18T11:55:03+02:00Vrydag, 22 Julie 2016| Bak, Ontbyt|Tags: , |

My vriendin – kom ons gebruik liefs haar bynaam, Eet-soos-’n-voëltjie – is ’n liewe mens. G’n guns is te groot nie, g’n vra ’n las nie. Buite is sy net so mooi soos binne, ’n Bo Derek 10. Gat jy saam met haar erens heen, smelt jy weg in die muurpapier. Ek dink dit spreek boekdele oor my dat ek [...]

Ouma se groenboonbredie… met ‘n moderne kinkel

2022-08-18T11:55:16+02:00Donderdag, 14 Julie 2016| Aandete|Tags: , , , |

Groenboonbredie – dis hartskos, onthoukos, sielskos en perfek vir koue wintersaande. Nes ouma s’n, geur ek myne met neutmuskaat en daai moet-hê boerekos bestanddeel, kruienaeltjies. Maar die smaak is dieper en ryker as vele ander resepte want in plaas van olie gebruik ek varkvet om die vleis bruin te braai. Wat anders is anders? Ek hou my bone heel want [...]

Appel malva poeding

2022-08-18T11:56:01+02:00Woensdag, 8 Junie 2016| Lekkerbek|Tags: , |

Gister se mense, plekke en dinge. Vir sommiges tower musiek goue herhinneringe op, vir ander is dit reuk. Maar vir my is dit kos. Ouma se hoenderpastei met veerligte deeg, ryk van die plaasbotter wat ek self in die yl winterson op haar agterstoep gekarring het. Poetoepap met regte egte melk, die soort in ’n groot wit emalje melkbeker met [...]

Outydse frikkadelle, nes ouma s’n

2022-08-19T22:07:49+02:00Dinsdag, 31 Mei 2016| Aandete|Tags: , , |

Frikkadel, die woord kom kwansuis van die Franse ‘fricadelle’. Al wat ek weet is dis Boerekos by uitstek. Die kos van my kindwees. Laat ons mekaar mooi verstaan, ’n frikkadel is nie net ’n bol maalvleis met enigiets bygevoeg en op enige manier gekook nie. Nee, vir dit om frikkadel te wees in my boek, móét hy wees soos ouma [...]

chakalaka lekker, chakalaka maklik!

2022-08-18T11:56:13+02:00Maandag, 23 Mei 2016| Basiese resepte|Tags: , |

Chakalaka. Dit rol uitbundig op die tong, soveel pret om te sê as om te eet. Ek het nie grootgeword met chakalaka nie. Haikôna, daarvoor was ons hopeloos te kos-konserwatief. In ons huis het braaipap ’n gewone tamatie-en-uie sous gekry. En dis hoe jy aan chakalaka kan dink – ’n braaipap tamatie-en-uie sous met tonne houding. Want sien hierdie parmant [...]

Go to Top