parmesaan-en-roosmaryn schnitzel

2022-08-18T12:13:25+02:00Donderdag, 20 Februarie 2014| Aandete|Tags: , |

Ek’s een van daai mense wat in ander se mandjies loer as ek in ’n supermark se tou staan. Ek doen dit nou nie openlik nie, dit sal ‘weird’ wees. Maar so onderlangs en skelmpies kyk ek nogal wat ander koop. Ek is seker ek’s nie die enigste een wat dit doen nie, en ek dink nie jy kan my [...]

Geroosterde pere met gemmer

2022-08-18T12:13:55+02:00Donderdag, 13 Februarie 2014| Bak, Knagerig|Tags: , |

As ’n vrou bedruk raak is daar net een genade – inkopies. In my geval, meestal vir skoene. Maar aangesien ek A) reeds so net duskant die veertig pare het B) omtrent net vyf gereeld dra en C) sal moet trek as ek nog net een paar koop, het ek wyslik besluit om op te hou. Nie sjôp nie, verstaan. [...]

Bief-en-broccoli slaai

2022-08-18T12:11:36+02:00Vrydag, 17 Januarie 2014| Slaai|Tags: , |

Hond haaraf maak. Ou koeie uit die sloot grawe. Bobbejaan agter die berg gaan haal… Ek’s eenvoudig mal oor idiome en gebruik hulle sommer mildelik in my daaglikse geskerts – tot groot konsternasie van my Engelse vriende en familie wat nie ’n koekenkloo het wat ek bedoel nie. My gunsteling is waarskynlik ‘boer maak ’n plan’. Niks beskryf my kombuisstyl [...]

Kaas-en-spek soufflé

2022-08-18T12:04:45+02:00Donderdag, 5 Desember 2013| Aandete|Tags: , , |

Soufflé is ’n vloekwoord. Ek’t ’n bietjie rondgevra onder my vriende en almal’s dit eens – hulle’s so bang vir soufflé maak as vir ’n oudit deur Jan Taks. Amper so bang as vir ’n nag in ’n sel saam met ’n spul brekers met behoorlike ‘tattoos’ en onbehoorlike bedoelings. Ek was nog nooit in die tronk nie, maar [...]

radicchio-en-okkerneut slaai

2022-08-18T12:05:25+02:00Donderdag, 31 Oktober 2013| Slaai|Tags: |

EKSOTIES is nou nie eintlik ’n woord wat ek sal gebruik om die kos was ek as kind geëet het te beskryf nie. Dink boerewors, beetslaai, murgpampoentjies en pap, en jy’s op die regte spoor. Ek blameer nie my ma daarvoor nie. Ek blameer die OK. Op die piepklein hoëveld dorpie waar ons in die vroeë tagtigs gewoon het, was [...]

gebakte bokmelkkaas ‘fondue’

2022-08-18T12:07:00+02:00Maandag, 19 Augustus 2013| Knagerig|Tags: , |

Daar’s ‘n paar goed op hierdie aarde wat eenvoudig vir mekaar gemaak is – ek en Merlot, sjokolade en lemoen, tamaties en basiliekruid – en natuurlik bokmelkkaas en beet. Ek’s hoeka moeg vir die twee saam sien in slaai . Móég’s die ideale teelaarde vir een van my ‘wat as’ kombuisoomblikke. Wat as ek die kaas in ‘n neutekorsie [...]

Go to Top