Salm en roomkaas Paris Brest

2022-08-18T11:59:58+02:00Woensdag, 6 Mei 2015| Bak, Knagerig|Tags: , |

Dit het begin met The Great British Bake Off, en nou plaaslik ons eie Koekedoor. Regoor die land word ‘piping bags’ wat jare lank in die agterste hoek van die onderste laai lê en muf het, uitgehaal en afgestof. Want sien BAK is die nuwe seksie. Laas week was ek gelukkig genoeg om vir tee te gaan aansit by Martjie [...]

Rooiui-en-spek marmelade met gorgonzola-mousse

2022-08-23T21:44:47+02:00Donderdag, 26 Februarie 2015| Knagerig|Tags: , |

Ma’s is geneig om raad uit te deel – mikro lewenslessies wat veronderstel is om kleingoed die weg te wys en hulle lewenspad afdraand te maak. Dis nou al my maatjies se ma’s. So tussen die klavier en poësie deur, het my ma haar nie veel aan sulke dinge gesteur nie, behalwe om vir my te sê ek moet nooit [...]

Gerookte salm-en-roomkaas tert

2022-08-19T17:21:01+02:00Woensdag, 29 Oktober 2014| Bak|Tags: , , |

Ek’s effe kens is oor pienk. Pienk rokke, pienk lipstif en natuurlik… pienk wyn. Met of sonder borrels, ek’s mal daaroor. Dis seker verstaanbaar want ek het toevallig ook ’n ding vir enigiets Frans. En die Franse kén van pienk wyn. Toe ’n parmantige botteltjie Roodeberg rosé van KWV hom dus die ander dag op my voorstoep kom tuismaak, nooi [...]

Hoender-caesar braaibroodjies

2022-08-18T12:15:39+02:00Woensdag, 22 Oktober 2014| Aandete|Tags: , , , |

Kyk as ’n resep so honderd jaar of wat al die rondtes doen, is dit gewoonlik met goeie rede. Dis lekker. Nuwe resepte optower is vet pret, maar mens gooi nie die baba met die badwater uit nie. Ou resepte hóórt in elke moderne kok se repertoire. Resepte soos Crepes Suzette, Beef Wellington, Dauphinoise en… Caesar-slaai – daai hemelse kombinasie [...]

Risotto-rys balletjies

2022-08-19T22:21:29+02:00Woensdag, 25 Junie 2014| Knagerig|Tags: |

Dis wonderbaarlik, die ding wat gebeur as stysel met vet en hitte kennis maak. ’n Aartappel kan ’n bra vervelige groente wees, maar sny hom in skyfies en gooi hom in warm olie en skielik is hy ’n perd van ’n ander kleur – bros buite, en veerlig en wolksag binne. ’n Bakkie tuisgemaakte mayonnaise met hope knoffel in daarby [...]

Oondgebakte Franse roosterbrood

2022-08-19T22:35:25+02:00Vrydag, 30 Mei 2014| Ontbyt|Tags: , , |

Ek’t ’n bloutjie geloop hierdie week, en dit nogal met ’n ‘hot cross bun’. Die taalpuriste noem dit seker ’n Paasbolletjie. Wie weet. In my huis is hulle sommer net ‘hot cross buns’. Maandagoggend douvoordag sit ek oor ’n koppie koffie en so bolletjie en tob oor my resep vir hierdie week. Ek’t eiers in die huis. Ek het altyd, [...]

Go to Top