Geroosterde skaapblad met rooiwynsous
Dis miskien donkiejare terug, maar dink ek aan Sondagmiddagete by Ouma kan ek steeds die skaapboud ruik en proe. Sy’t hom lank en stadig gerooster en bitter min aan hom gedoen. Miskien bietjie sout gegee. Vandag is my benadering tot enige geroosterde vleis, nes ouma s’n, redelik minimalisties. Want ek glo as die vleis puik is, peuter mens nie te [...]