souskluitjies
As ek aan my ouma dink, dink ek skaapboud, lank en stadig gekook tot hy van die been afval. Ek dink hoenderpastei met ’n ryk skilferkors deeg en hope naeltjie-geur. En gestoomde gemmerpoeding met regte vla en Idealmelk-roomys. Dis ryk kos. Winterkos. Gewoonlik slaan ek haar handgeskrewe resepteboek met sy vergeelde blasye en kriptiese notas eers hier middel Mei oop. [...]