soetkoekies met hawermout

2022-08-18T12:02:32+02:00Dinsdag, 15 Julie 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Koekies koop was nie ’n ding wat ek as kind geken het nie. Mens het gebak. Koop was vir lui huisvroue, slegte ma’s en dorpsmense – in ouma se oë almal ewe erg. Sy’t nie klein begryp nie, my ouma. Suiker en meel is grootmaat gekoop by die koöperasie op Standerton en in 30-liter dromme gehou in die kas in [...]

Melkkos met sago

2022-08-18T12:02:50+02:00Vrydag, 4 Julie 2014| Lekkerbek|Tags: |

Daar’s baie kos waaroor ek diep nostalgies voel. Sondagmiddag se skaapboud en souskluitjies om die lang tafel in ouma se kombuis. Tong in ’n soet-mosterd sousie (my ma, ’n gespanne kok, se 'dinner party' staatmaker). Ideal-melk roomys en melktert. En hoenderpastei propvol naeltjie geur. Dis die kos van my kindwees. Soveel as wat ek moderner en ligter verkies vir elke [...]

Peer-en-sjokolade tertjies

2022-08-18T12:03:32+02:00Woensdag, 11 Junie 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: , , |

Die ding met baie tyd in die kombuis spandeer, is dat dit nogal alleen kan raak. Merlot is ’n verbale kat weliswaar, maar aangesien ek nie ‘kat’ praat nie, kan en nou nie juis sê ek vind haar konstante geselsery boeiend nie. So toe Nina Timm van My Easy Cooking my uitnooi om saam met haar te kom kook was [...]

Lemoen Warm Sjokolade

2022-08-18T15:25:57+02:00Donderdag, 8 Mei 2014| Drankies, Lekkerbek|Tags: |

Wintertyd is gevaartyd. Grommerig. Dís hoe ek hier van middel Mei af voel. Vir bedruktheid is daar net een genade, ek kook. Bredies, pasteie en terte.  Gestoomde poedings, koekies en konfyte. En as mens kook, moet jy eet. Vier maande later is daar 2-3kg meer van my en dis 'n gespook om in my fraaie lente rokke te kom. Hierdie [...]

Outydse pannekoek

2022-08-16T14:58:58+02:00Woensdag, 30 April 2014| Basiese resepte, Lekkerbek|Tags: |

Somer, in wat toe nog die Transvaal was, was my gunsteling seisoen as kind. Nie net omdat dit swemtyd, waatlemoentyd en vakansietyd was nie, maar omdat dit reëntyd was. In ons huis het dit net een ding beteken – pannekoek. Ek weet nie waar my ma aan die reën/pannekoek ding gekom het nie. Vandag hoef ek gelukkig nie meer te [...]

Sjokolade mousse paaseiers

2022-08-18T12:04:30+02:00Woensdag, 16 April 2014| Lekkerbek|Tags: |

"How did it get so late so soon? It’s night before it’s afternoon. December is here before it’s June. My goodness how the time has flown. How did it get so late so soon?" ~ Dr. Seuss En dít, mense, is presies hoe ek voel. Ek sit gisteraand en tob oor ’n lekker sop vir hierdie week se resep. Toe [...]

Go to Top