Affogato roomyskoekies

2022-08-18T12:22:49+02:00Donderdag, 18 Desember 2014| Lekkerbek|Tags: , , |

Affogato. Dissie ’n vloekwoord (soos in, ‘ag affogato jou ook man’) nie. Nee, dis Italiaans vir ‘verdrink’ en verwys na een van die heerlikste 2-minuut poedings wat jy kan kry. Dis net vanielje-roomys ‘verdrink’ in sterk, warm espresso-koffie. Sommige mense gooi bietjie haselneut-likeur soos Frangelico ook by. En hoekom dan nou nie. So eenvoudig, maar tog te lekker. Onlangs sit [...]

Roomys-en-sjokolade roos happies

2022-08-19T22:35:08+02:00Dinsdag, 2 Desember 2014| Lekkerbek|Tags: , |

Anders as meeste mense gee ek nie juis om vir toustaan in supermarkte nie. Want sien so met die staan kry ek dikwels idees. Soos die ander dag in Woolies, toe ek ‘Turkish Delight’ in sjokolade gewaar. Ek’s nie veel van ’n Turkish Delight aanhanger nie want ek háát enigiets jellierig. (Jy kan dink wat ’n marteling bazaar-poeding vir my [...]

Plaatkoekies

2022-08-19T17:23:05+02:00Donderdag, 6 November 2014| Basiese resepte, Lekkerbek|Tags: |

Verandering is ’n goeie ding. Dis wat al die self-help goeroes en entrepreneurs konstant koer, en ek glo hulle. Maar ai dit ‘stress’ my uit. Dit laat my nou seker vreeslik sleg lyk, maar hier’s die ding: ek hóú van dieselfde. My bank se webwerf dieselfde maand na maand, sodat ek net een keer hoef uit te ‘figure’ hoe die [...]

suurlemoen-roomys

2022-08-18T12:11:53+02:00Donderdag, 2 Oktober 2014| Lekkerbek|Tags: , |

Die sielkunde van bemarking is redelik eenvoudig. Gee my ’n ‘deal’ en ek’s daar soos ’n brommer by ’n piekniek. Meeste van ons is seker maar so. ‘Spaar’ is goed, ‘halfprys’ beter en ‘gratis’ fantasties. Maar my gunsteling is sekerlik ‘NUUT’. Slat ’n stickertjie met dié woord op ’n bottel of ’n boks en dat ek hom gaan koop is [...]

Appel stroedel met soutkaramel

2022-08-18T12:12:08+02:00Maandag, 8 September 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: , |

Ek’t iets met kaas in gedagte gehad vir hierdie week, maar toe bel die vrinlike mense van SABC3 se Expresso oggendprogram my en vra ek moet seblief iets soets kom bak. Regstreekse uitsendings kan nogal neuk met die senuwees, soveel te meer as mens net ’n paar minute het om iets op te tower wat heerlik is. Hmmmm. Hoe gemaak? [...]

Cadbury sjokolade-mousse

2022-08-18T12:02:15+02:00Donderdag, 14 Augustus 2014| Lekkerbek|Tags: , |

Babas, kleuters, peuters… en honne. Kyk ek begryp eenvoudig nie hoekom adverteerders so mal daaroor is om hulle te gebruik om goed te smous nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis nie dat ek nie van babas hou nie. Ek’s nie juis handig met hulle nie en bang ek laat hulle val, so ek skram weg as iemand net-net lyk [...]

Go to Top