Suurlemoen poeding

2022-08-18T12:13:01+02:00Vrydag, 31 Januarie 2014| Lekkerbek|Tags: , |

Mense verskil nogal oor hoe slim ’n goudvis nou eintlik is. Google dit en party sê hulle IK is hier by die 90. Wat beteken hulle is slimmer as party mense wat ek ken... Ander sê hulle’s so dom soos grond. Al wat ek weet, is dat hulle nie bekend is vir hulle vermoë om ingewikkelde somme te doen nie. [...]

Melktert-croissant

2022-08-18T12:11:25+02:00Donderdag, 9 Januarie 2014| Lekkerbek|Tags: |

’n Ruk terug sien ek ’n TV advertensie wat vra “wanneer was die laaste keer wat jy iets vir die eerste keer gedoen het”?  Ek kan nie onthou wat hulle probeer smous het nie – miskien ’n timeshare in Kazakhstan, miskien room vir ’n uitslag op ’n vreemde plek. Maar die vraag het my laat dink. Presies wanneer laas het [...]

Panettone pain perdu met bessies en mascarpone-kaas

2022-08-18T12:11:11+02:00Vrydag, 20 Desember 2013| Ontbyt|Tags: , |

Op ’n Sondagoggend is dit ’n botterige croissant vir stoepsit met die koerant. Vrydagaand ’n dankie-tog-dis-naweek geroosterde hoender met ’n glas (of twee, of drie) Chardonnay. In hierdie kop-af, dolle wêreld van konstante verandering en gejaag, klou ek vas aan my kostradisies soos bosluise aan ’n straatbrak. Warm en veilig – dis hoe dit my laat voel. Daarom begin [...]

Kaas-en-spek soufflé

2022-08-18T12:04:45+02:00Donderdag, 5 Desember 2013| Aandete|Tags: , , |

Soufflé is ’n vloekwoord. Ek’t ’n bietjie rondgevra onder my vriende en almal’s dit eens – hulle’s so bang vir soufflé maak as vir ’n oudit deur Jan Taks. Amper so bang as vir ’n nag in ’n sel saam met ’n spul brekers met behoorlike ‘tattoos’ en onbehoorlike bedoelings. Ek was nog nooit in die tronk nie, maar [...]

Kerskrans-poeding

2022-08-18T12:04:53+02:00Donderdag, 28 November 2013| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Krismis kom en ek’s kinderlik opgewonde.  Ek het twee weke gelede al ’n Kerskrans op die voordeur gesit. Sommer een op die agterdeur ook. Hoekom nie? Hierdie naweek sit ek my boom op. Wat-wou wag tot tien dae voor Kersfees! Ek weet nie wie dít opgedink het nie, maar hulle’s van lotjie getik. Ek wil die skitter en die [...]

Pappardelle met lam en suurlemoen

2022-08-18T12:05:01+02:00Vrydag, 22 November 2013| Aandete|Tags: , , , |

Ek’s een van daai mense wat vreeslik ‘surf’ as ek voor ’n TV sit. Om twee kanale tegelyk te kyk, is vir my niks vreemds nie. Ek’s seker dis ’n uiters irriterende gewoonte. Gelukkig gee Merlot nie om nie. Solank sy op my skoot kan sit, kan ek maar lustig knoppies druk. Met dié rondspring, kom ek onlangs af [...]

Go to Top