carbonara met pancetta en mascarpone

2022-08-19T17:28:40+02:00Vrydag, 6 Maart 2015| Aandete|Tags: , , |

Met die dat die hele wêreld ‘bant’ of ‘paleo’ dat die biesies bewe wonder ek, ‘carbo load’ langafstand-atlete enigsins nog? Kyk, ek het al meer as my ‘share’ 100km+ fietsritte gedoen. En ek kan jou nou sê, die ENIGSTE REDE waarom ek my in een van daai stywe gestopte fietsbroekies sal inwurm en vir 4-5 ure in die tande van [...]

Lam met béarnaise-sous

2022-08-19T17:21:03+02:00Vrydag, 28 November 2014| Aandete|Tags: , |

Daar’s ’n familie met die naam Aise wat ek graag vir aandete oornooi. Gesofistikeerd, elegant, klassiek en ryk – ek hou sommer baie van hulle. Ek praat natuurlik van mayonnaise, hollandaise en béarnaise. Hierdie’s vloekwoorde vir menige huiskok. Maar daar’s rêrig niks om voor bang te wees nie. Rêrig. Volg ’n paar basiese reëls en jy sal OK wees. Belowe. [...]

Cadbury sjokolade-mousse

2022-08-18T12:02:15+02:00Donderdag, 14 Augustus 2014| Lekkerbek|Tags: , |

Babas, kleuters, peuters… en honne. Kyk ek begryp eenvoudig nie hoekom adverteerders so mal daaroor is om hulle te gebruik om goed te smous nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, dis nie dat ek nie van babas hou nie. Ek’s nie juis handig met hulle nie en bang ek laat hulle val, so ek skram weg as iemand net-net lyk [...]

Spek-en-eier burger

2022-08-19T22:34:39+02:00Vrydag, 11 Julie 2014| Aandete|Tags: , , , |

Spek kom van vark af. Dis wat ek jare lank geglo het – tot bedagsame vegetariese pêlle van my uitgewys het dat dit eintlik die vrug van die Porcus Excellentia boom is. Dat ek nou vir só lank só verkeerd kon wees. Ek kannie sê ek blameer hulle nie, spek is darem ’n wonderlike ding. As ek vegetaries was sou [...]

Oondgebakte Franse roosterbrood

2022-08-19T22:35:25+02:00Vrydag, 30 Mei 2014| Ontbyt|Tags: , , |

Ek’t ’n bloutjie geloop hierdie week, en dit nogal met ’n ‘hot cross bun’. Die taalpuriste noem dit seker ’n Paasbolletjie. Wie weet. In my huis is hulle sommer net ‘hot cross buns’. Maandagoggend douvoordag sit ek oor ’n koppie koffie en so bolletjie en tob oor my resep vir hierdie week. Ek’t eiers in die huis. Ek het altyd, [...]

Amandel pavlova met Karoo-vye

2022-08-18T12:13:33+02:00Donderdag, 27 Februarie 2014| Bak, Lekkerbek|Tags: |

Katte is nogal balletiese (is dit ’n woord?) diere. Die manier waarop Merlot haar been oplig en so ’n 180-grade 'arabesque'-tipe ‘move’ doen om haar boud te lek, is heel indrukwekkend. Ek wens ek was so soepel. Natuurlik nie om myself te lek nie – ek’s nie daai tipe pop nie. Maar dit sal sommer baie handig te pas kom [...]

Go to Top