Oondgeroosterde tamatie en spinasie tert
‘Gesond’ is die woord van die dag in die Melkkos & Merlot kombuis die laaste paar weke. As jy al ’n ruk lank saam met my en Merlot in die kombuis kuier wéét jy, ons skrik nie vir botter en room nie. Maar soustannie en cholesterol sit in die Boeregene, so vir elke dag se kook is ek nogal versigtig. [...]