Super klam olie-sjokoladekoek met 70% kakao sjokolade-botterroom versiersel
Sjokoladekoek in Januarie… Dis ’n gevaarlike, verkeerde ding ek weet. Want eintlik is Januarie mos spesiaal gereserveer vir gestoomde groente, slaaiblare en vis. Dis nou ná jy hier aan die begin van die maand op die skaal geklim en ’n klein gilletjie onwillekeurig ontsnap het. So ja, hierdie resep vir sjokoladekoek moes eintlik jou kant toe gekom het vóór Kersfees. [...]